Agt Preke uit die boek Rut- Ds. CCA Vrey


Hierdie werk wat agt preke uit die boek Rut bevat, kan met groot vrymoedigheid aanbeveel word.  Die preke is eksegeties baie korrek, maar bied die feite verstommend verrassend aan.

Dis prikkelend om  die stryd waarder die drie vroue, Naomi, Rut en Orpa saam met hulle te belewe en deur te werk. Baie vrae wat in mense se gemoed lê, word aangespreek en opgelos.

hierdie stel preke gryp ook in ons moderne mense se lewens waardes en lewens keuses in en gee veral  leiding oor watter konsekwensies dit inhou as jy werklik ‘n aanbidder van die Drie-Enige God wil wees (of is!).

Die preekbundel bied werklik opwindende leesstof vir iemand wat sy geloof wil verdiep en wat ook sy kennis van die gebruike en leefstyl (argeologie) van  die Jode en volke wil verbreed en verdiep.

Baie geluk met hierdie werk

 

Dr. MJ du Plessis

Mei 2022

Comments

Popular posts from this blog

The Enigma of Ted Bundy by Kevin Sullivan

As promised, here is DODGER!

Time's Orphan by Hayley Chow