Agent Snoet en die Botterdiamant Francois Bloemhof & Alistair Ackermann

Die Britte het agent 007 en M, maar hier in Suid-Afrika het ‘n nuwe soort held homself onder ons uitgepop. Agent Snoet is ‘n geheime agent Agent Oë is sy baas en en Juffrou Niemand is die lieflike sekretaresse wat dol verlief is op Snoet.


In die Botterdiamant, die eerste van vyf grafiese moet Snoet en sy kat Felino (wat eintlik die verstand het om sake op te los) die gesogte diamant opspoor nadat dit gesteel is. Agent Snoet en die Botterdiamant is gevul met intrige en verleidelike katte? Saam moet Snoet en Felino die meester brein agter die diefstal opspoor en arresteer. Die twee het ‘n heerlike avontuur en kom soms net-net weg uit doods gevaarlike situasies. Maar gewapen met Professor Pipet se nuutste tegnologie is geen saak te moeilik vir Snoet en Felino nie.

Agent Snoet en die Botterdiamant is Francois Bloemhof se eerste Grafiese Roman en is voortreflik geïllustreer deur Alistair Ackerman. Dit is ‘n heerlike avontuur met interessante karakters en oorspronklike storielyn. Die is ‘n uitstekende manier om jou onwillige kind aan die lees te kry. Kleurvolle illustrasies en komiese situasies sal enige leser bekoor. Agent Snoet het my kinders se lees ervaring aangenaam gemaak en vandag nog, al is hulle nou volwassenes, sal hulle Agent Snoet optel en lees. Ek kan die boek met die grootste vrymoedigheid voorstel aan ‘n ouer wat iets soek wat kinders van alle ouderdomme sal geniet.

Comments

Popular posts from this blog

The Enigma of Ted Bundy by Kevin Sullivan

As promised, here is DODGER!

Time's Orphan by Hayley Chow